Jy wil graag...
1) Een of meer CDs bestel en jy bly in die buiteland êrens. Maklik. Skryf vir ons by briefuitpretoria@gmail.com en sê so! Gee jou adres en ons doen die res. (klink skerp né?)
2) Een of meer CDs bestel en jy bly in Suid Afrika. Maklik. En die familie daar anderkant sal dit geniet. Gebruik dieselfde e-pos as hier bo.
3) Uitvind wat dit kos. Maklik. Op die oomblik dek ons net-net die kostes teen R20-00 per CD. As iemand dit nie kan bekostig nie is dit gratis. Maar... as jy nie weet wat om met al jou US dollars of Engelse ponde te doen nie, vlieg ons oor dan kom sê ons vir jou persoonlik wat dit kos. Geen Zim dollars word aanvaar nie. (Jy het 'n sleepwaentjie vol note nodig vir een CD)
4) Kommentaar lewer op die CDs sodat almal dit kan lees. Maklik. Jy besoek http://www.briefuitpretoria.blogspot.com/ en klik op 'comment'. As jy nie 'n Google e-pos adres het nie sal jy gevra word om eers gou een te skep. Sommer tjop, tjop. Dan pos jy jou bydrae en dan kan ons almal dit lees.
Tuesday, July 24, 2007
Tuesday, July 17, 2007
Hallo almal
Welkom by die Brief uit Pretoria blogspot. Hierdie derde millenium tegnologie is bietjie soos helikopter vlieg; mens is van die grond af maar jy weet nie eintlik hoe nie en ook nie wat volgende nie!
Vir diegene wat die CDs al ontvang het sal die volgende bekend wees maar vir al die nuwe inskrywers:
Brief uit Pretoria is iets soos 'n radio program op CD en dit is in die eerste plek bedoel vir die Afrikaner wat geëmigreer het. Die inhoud bestaan uit gesels en musiek. Die musiek dek 'n wye spektrum alhoewel ons nie 'n baie goeie aanvoeling vir hip-hop en Puf Daddy het nie. Die gesels is alledaags uit ons ryk erfenis en kulturele agtergrond en die program verloop teen 'n overte Christelike agtergrond. Ons is twee aanbieders, Wimpie Marais (21) en Henry Sachse (31).
Die CDs verskyn so elke ses weke. Dit word gepos aan enigeen wat daarom vra, ongeag waar in die wêreld jy jou bevind. Skryf vir ons by briefuitpretoria@gmail.com Kyk by: Jy wil graag...
Ons is oortuig dat die groter gros Suid Afrikaanse ex-pats by Brief uit Pretoria aanklank sal vind maar daar is net een manier om uit te vind, kry een!
H&W
Subscribe to:
Posts (Atom)